Vlamme in die Kalahari by Meiring Fouche

Synopsis
2. VLAMME IN DIE KALAHARI - RYK SCHOONRAAD REEKS
Die geharde grensboer, Helm du Plessis, word koelbloedig vermoor en sy kosbare beestrop van seshonderd osse word deur gemaskerde ruiters geroof terwyl hy op pad is na Kimberley se mark. Sy dogter, Ansie, die enigste getuie, bereik die grensdorpie Kameeldraai verskrik en gebroke. Hierdie voorval is die jongste in ’n vlaag veediefstalle wat die gemeenskap teister.
Die legendariese Ryk Schoonraad, bekend vir sy onverskrokkenheid en regverdigheidsin, daag by die dorp op en bied onmiddellik sy hulp aan die pragtige Ansie. Ten spyte van die boere se aandrang om ’n kommando te vorm, besluit Ryk om die veediewe, ’n bende van tien of meer gewapende mans, alleen agterna te sit. Hy glo ’n enkele ruiter sal minder opsigtelik wees. Sy soektog neem hom diep die Kalahari in, waar hy gou ontdek dat die veediewe na Duits Suidwes-Afrika op pad is. Ryk word egter voorgelê deur Jurie Vermaas, een van die bendelede wat hy die vorige aand as ’n prospekteerder in Kameeldraai ontmoet het. En dit is maar net die begin van al sy probleme.
Reviews
Write your review
Wanna review this e-book? Please Sign in to start your review.